Saturday, May 19, 2012
   
Text Size
Login

Salon Music begin opera-jaar met Mozart-gala

News - Latest

Salon Music begin opera-jaar met Mozart-gala

2012-01-10 21:47

Douwe Bijkersma (bariton), Ingrid Bredell (klavier) en Righard Linde (tenoor) tree op in Salon Music se week lange Mozart-galakonsert, Queen of the Night .

Thys Odendaal

Salon Music begin sy opera-bedrywighede in die Brooklyn-teater in Pretoria vanjaar met ’n konsert uitsluitlik gewy aan Mozart.

Dié Mozart-gala heet Queen of the Night en is ook ter viering van Salon Music se 18de verjaardag.

Dié operakonsert begin Sondag om 15:00 en word daarna nog drie keer herhaal: op 18 en 20 Januarie om 20:00 en 22 Januarie om 11:00.

Vyf van die sewe soliste wat genooi is om in die gala op te tree – die sopraan Antoinette Olivier, die mezzo-sopraan Kathy Neuland, die tenore Righard Linde en Wayne Matthews, en die bariton Douwe Bijkersma – begin die program met die ensemble Wie stark ist nicht ... uit Die Zauberflöte.

Die ander twee soliste – die sopraan Ilze Coetzee en die bas Dirk Venter – sluit hulle by die vyftal aan om die program af te sluit met die slot-ensemble uit Le ­nozze di Figaro.

Wat die solo’s betref, sing Coetzee Zauberflöte-arias, die Koningin van die Nag se O zittre nicht en Der Hölle Rache; Olivier word gehoor in Mi tradi (Don Giovanni) en Porgi amor (Figaro); Neuland sing Voi che sapete (Figaro) en Parto, parto (Idomeneo); Linde sing Il mio tesoro intanto (Giovanni); Bijkersma word gehoor in Der Vogelfänger ... (Zauberflöte); en Venter sing Wer ein Liebchen hat gefunden (Die Entführung aus dem Serail).

Dié sangers, ingesluit Matthews, sing ook verskeie duette en trio’s uit Così fan tutte, Figaro en Die Zauberflöte.

Ingrid Bredell lei ook voor die klavier die Salon Ensemble, en die orkes­partiture is aangepas deur Willem Vogel.

Besprekings kan by Computicket gedoen word of skakel 011 340 8000, of by die teater in Menlopark (hoek van Thomas Edison- en 13de Straat) by 012 460 6033.

http://www.beeld.com/Vermaak/Nuus/Salon-Music-begin-opera-jaar-met-Mozart-gala-20120110

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
Visitors Counter

Login Form